Story of a volunteer from the West Coast:

Anna Bock is ‘n 28 jarige dame van Vredendal-Noord. Anna is baie lief is vir kinders, dus doen sy vrywillige werk by ‘n organisasie wat kinders sorg wat geen heenkom het nie.  Die rede dat sy aansoek gedoen het vir die program is sodat sy die nodige opleiding kan baat uit die Office Volunteer Program.  Die twee mees belangrikste dinge wat Anna geleer het in die werkswinkel is dat kommunikasie van kardinale belang is tussen medewerkers. Dit is die pilaar waarop effektiewe administrasie gebou is. Anna het ook geleer dat voorkoms a belangrike rol speel, nie net in die werks opsigte in die korporatiewe wereld nie maar ook as vrywilligewerker.

Vir Anna was ‘n belangrike leer punt dat vrywilligewerker dieselfde behandeling ontvang as voltydse werkers in opsigte van sekere regte. Een van die belangrikste eienskappe van ‘n vrywilligewerker is toewyding. As ‘n mens spaar tyd het om to offer asook toewyding, het jy wat nodig is om a goeie vrywilligewerker te wees.

Anna se droom vir die nabye toekoms is om met jeug te werk.